Chemiese reaktor

'n Chemiese reaktor is 'n afgeslote volume waarin 'n chemiese reaksie plaasvind.[1][2] In chemiese ingenieurswese, word dit oor die algemeen gesien as 'n proseshouer wat gebruik word om 'n chemiese reaksie uit te voer,[3] en is dus een van die klassieke eenheidswerkinge in die ontleding van chemiese prosesse. Die ontwerp van 'n chemiese reaksie behels verskeie aspekte van chemiese ingenieurswese. Chemiese ingenieurs ontwerp reaktore om die ekonomiese waarde van die gegewe operasie te maksimeer. Ontwerpsingenieurs weeg dus die reaksie se opbrengs en doeltreffendheid in die produksie van die verlangde eindproduk op teen die kapitaalinset en bedryfsuitgawes van die aanleg, insluitende energie-insette, energieverwydering, rou materiaal koste, arbeid, ens. Energie-insette kan kom in die vorm van verhitting of verkoeling, pomparbeid om druk te verhoog, drukverlies deur wrywing, en roerenergie.

Chemiese reaksie ingenieurswese is die tak van chemiese ingenieurswese wat handel oor chemiese reaktore en hul ontwerp, veral deur die toepassing van chemiese kinetika op industriële stelsels.

  1. Joseph., Pereira, Carmo (2008). "19". Perry's chemical engineers' handbook. Section 19, Reactors. Leib, Tiberiu M. (8th uitg.). [New York]: McGraw-Hill. p. 4. ISBN 9780071542265. OCLC 191805887.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. Prud'homme, Roger (15 Julie 2010). Flows of Reactive Fluids (in Engels). Springer Science & Business Media. p. 109. ISBN 9780817646592.
  3. Suresh, S.; Sundaramoorthy, S. (18 Desember 2014). Green Chemical Engineering: An Introduction to Catalysis, Kinetics, and Chemical Processes (in Engels). CRC Press. p. 67. ISBN 9781466558854.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search